Enkele kommentaar vanaf die lesers van Ysterwiele 1

“YSTERWIELE 1” IS SUPER . EK KAN DIT NIE NEERSIT NIE. DANKIE VIR JOU MOEITE !

" ….. ek wil net sę, die boek is great ! Ek kan hom nie neersit nie! Dis n lekker boek die !”

Ek het vandag my boek ontvang en ek kan dit nie neersit nie. Baie, baie geluk, dit is uitstekend !!

“Dis n kampioen boek die ! Uitstekend !”

"Baie dankie dat U vir die nageslag so n ryke erfenis nalaat !"

" …. .vir my is die boek n genot om te lees. Daar is n heimwee na dit wat mooi was en nou vir altyd verbygegaan het. Daar is die skerp wete die dinge is nie meer vir jou nie. Hulle is onherroeplik verby !
………Tog is daar n verlange om in die dinge te bly. “

" …… jou boek was uitstekend ! Dit kon nie beter nie ! Jou boek het baie vir my beteken. Hou so aan asb. !

" Baie dankie vir die boek wat menige lag en traan tot gevolg gehad het !"

"Baie dankie dat jy vir ons so n wonderlike boek gedruk het !"

Kommentaar van Adjunk hoofsekretaris Chris de Vos van Utatu in hulle personeel koerantjie .

Ek het die voorreg gehad om die boek te lees en ek kon my weer met die werklikheid van die goeie ou dae inleef toe ek 43 jaar terug by Sydenham Loko begin werk het as n skoonmaker. As jy die boek lees kan jy jouself insien waar jy na die olie stoor gegaan het met die rekwisisie om jul voorraad vir die rit of skof te gaan haal. Werna beskryf dit goed, waar daar altyd gesoebat was vir n bietjie ekstra poetskatoen "waste", paraffien en olie en ja soms moes jy betaal met n sigaret of twee. Hoe jy nie genoeg hande gehad het en die poetskatoen voor by jou oorpak ingedruk het en aangesukkel het lokomotief toe. DIT WAS DIE WERKLIKHEID DAARDIE DAE. Hierdie boek kan werklik aanbeveel word vir enige persoon wat of n liefde het vir die ysterspore en Ysterwiele of net weer by "memory lane" n draai te gaan maak en terug te dink aan jou jong dae. Dit is n wonderlike ervaring.

" ..........Die boek is karaktervol en die leesstof is aangenaam ………"

" Baie dankie dat u die moeite gedoen het om navorsing oor die spoorweg tradisie in Suid Afrika te doen en dat u dit neergepen het vir die nageslag om te lees en waardeer."

"Die boek is louter vreugde !"

"Wat n wonderlike ontspanning om dit mee te maak en beste van alles - dit is mos alles waar en werklik !"
 

Back to Booklist page 4